Kragga Kamma VOORTREKKERSentrum

Saal
Die saal is geskik vir enige geleentheid soos 'n verjaarsdagpartytjie, huweliksonthaal, babatee, kombuistee, vergadering, opleiding, markdag en selfs 'n sportsaangeleentheid soos dans, judo, karate, ens.


Die saal kan gemaklik tot 80 mense akkommodeer. Die tafels en stoele is ingesluit by die huurtarief.

Braai lapa

Die lapa is ideaal vir enige Suid-Afrikaanse kuiergeleentheid. Bring jou eie hout, roosters en braaigereedskap.

Die gebruik van die lapa is ingesluit in die huurtarief.

Kombuis

Die hartjie van enige geleentheid. Dis hier waar al die lekkernye voorberei word.

Die kombuis is toegerus met ‘n mikrogolfoond, yskas, ‘urn’, stoof en oond.

Die gebruik van die kombuis is ingesluit in die huurtarief.

Breekware en eetgerei is beskikbaar teen 'n addisionele koste en is uitgesluit by die huurtarief. Voorafreëlings moet asseblief getref word.

Buite
U is welkom om tente op te slaan vir addisionele spasie of dit te gebruik vir parkering.

tariewe

Tariewe sluit die volgende in:

Gebruik van die saal, braaigeriewe en die kombuis.
Daar is 13 tafels en 80 stoele beskikbaar.
Die kombuis is toegerus met ‘n mikrogolfoond, yskas, ‘urn’ stoof en oond.

Breekware en eetgerei is beskikbaar teen 'n addisionele koste en is uitgesluit by die huurtarief. Voorafreëlings moet asseblief getref word.

let wel

'n Bespreking sal slegs bevestig word wanneer die voltooide vorm en bewys van betaling ontvang is. Ongelukkig kan 'n datum en tyd nie bespreek word sonder bogenoemde nie.

KANSELLASIE

Indien ‘n bespreking gekanselleer word, sal ‘n administrasiefooi van R150 van die betaling reeds ontvang, afgetrek word.

Indien 'n bespreking minder as twee weke voor die bespreekte tyd en datum gekanselleer word, sal die totale betaling reeds ontvang, verbeur word.

BESPREEK HIER
Stuur 'n e-pos na kkvoortrekkers@gmail.com met die naam, datum, tyd en doel vir die gebruik van die saal.
Adres Broadwaylaan, Fernglen, Port Elizabeth